Verraaiers

2013 | Drama                                                                                                          [kkstarratings]

Die storie speel in 1901 af en oral was vroue in swaar Victoriaanse rokke en Voortrekkerkappies, en mans met veldhoede en Mausers oor die skouer.

Dit vertel die verhaal van Jakobus van Aswegen (Gys de Villiers), ’n gerespekteerde kommandant in die oorlog, wat ná hy gehoor het daar kom konsentrasiekampe, gekies het om eerder huis toe te gaan en sy gesin en plaas te beskerm as om verder teen die Engelse te veg. Sy vrou, Gerda van Aswegen (Rika Sennett), beleef dit as ’n erge vernedering en dit dryf haar tot waansin.

Regisseur: Sallas de Jager
Akteurs: Gys de Villiers, Viljé Maritz, Deon Lotz, Andrew Thompson, Jacques Bessenger, Neil Bennett, Rika Sennett, Johan Baird, Beate Olwagen, Stian Bam, Carel Trichardt