Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Komedie | 2013

 

Regisseur: Diony Kempen
Rolverdeling: Robbie Wessels, Emo Adams, Annette Engelbrecht, Hamilton Wessels, Hanna Grobler, Justin Smit, Jan-Adriaan Van Rooyen, Seth Zimu

100 meter Leeuloop

Kan jy sing? Kan jy dans? Kan jy hardloop? Miskien kan jy, maar die vraag is: Kan jy al drie gelyktydig bemeester?

Manie is ‘n musikant en fanatiese ondersteuner van die sanger, danser en leeuloper Ronnie Wentzel. Manie word as een van die vyf finaliste in die kompetisie gekies en moet kragte met die ander vier meet. Daar is Pieter Platina, die platanna-boer; Ray Mac, die ritmiese raver; Fanie Venter, ’n man wat op sy dag graag Venter-sleepwaentjies gesteel het en Petros Petros Malie, ’n peashooter-kampioen. ’n Deelnemer word uit die kompetisie gegooi as gevolg van die gebruik van verbode middels en die karakter Harregat Harrighol en die twee aanbieders van die sportprogram Bol-‘n-All, Gazi en Dopi, sorg vir nog onvoorspelbare gebeure.

Nóg flieks