Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Avontuur | 2014

 

Skrywer: Hydie Loots
Vervaardiger: Danie Bester
Regisseur: Stefan Nieuwoudt
Rolverdeling: Paul Loots, Izel Bezuidenhout, Ruan Wessels, Melissa Massyn, Janic Botha, David James, Karen Wessels, Amalia Uys, Shaleen Surtie-Richards, Cobus Visser, Johan Scholtz, Hannes Brümmer

Agent 2000: Die Laksman

Agent 2000, oftewel Walter du Toit, se tyd raak min. Hy moet gou speel as hy Hoërskool Randburg se berugte boelie, Die Laksman, voor die einde van die ongroeningstydperk wil ontmasker. Sou Walter daarin slaag, kan hy sy vermomming in die kas bêre, die publieke skool vaarwel roep en sy lewe as 14-jarige, tuisonderrig, speurder voortsit.

Sou hy egter misluk, word die skoolhoof afgedank, is sy reputasie as geheime agent daarmee heen, verloor hy sy nuwe beste vriend en is hy die meisie van sy drome kwyt.

‘n Taak wat aanvanklik na kinderspeletjies gelyk het verander gou in Walter se grootste nagmerrie. Sal hy betyds die Laksman kan vang of sal Agent 2000 uiteindelik die Laksman se grootste teiken nog wees?

Agent 2000: Die Laksman