Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Aksie-komedie

 

Draaiboek: Quentin Krog, Sean Robert Daniels, Frannie van der Walt
Regisseur: Quentin Krog
Rolverdeling: Bennie Fourie, Marlee van der Merwe, Frank Opperman, Tim Theron, Neels van Jaarsveld, James Borthwick, André Weideman,  Jana Cilliers, Lika Berning, Clyde Berning, Laudo Liebenberg

Ander Mens

Ander Mens vertel, met oorgenoeg aksie en donkerhumor om kykers op die punte van hulle stoele te hou, die spanningsvolle verhaal van ’n doodgewone en baie vervelige boekhouer, Daniël Niemand, wie se lewe onherroeplik verander nadat ’n reeks misverstande sy bestaan heeltemal omvergooi. Alhoewel die chaos tot groot tragedie lei, help dit hom ook om ’n belangrike persoonlike oorwinning te behaal.

Die fliek word aangebied vanuit die perspektief van Luitenant Erica Kruger, van die getuiebeskermingsprogram in die Kaap, en is gebaseer op die bekroonde skrywer – Zirk van den Berg – se topverkoperroman wat in 2014 bekroon is met die kykNET-Rapportprys in die rolprentkategorie.