Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Komedie | 2013

 

Skrywers: Frederick Hamman, Carl Stemmet, Anna-Marie Jansen Van Vuuren
Regisseurs: Peter Scott, Frederick Hamman
Rolverdeling:  Ian Roberts, Norman Anstey, Jack Parow, Tammy-Anne Fortuin, Hannes Muller, Wynand Van Vollenstee, Michael De Pinna, Neels Van Jaarsveld, Hugh Masebenza

Babalas

Mia (Tammy-Anne Fortuin) werk vir ʼn vermaaklikheidsagentskap wat ʼn geleentheid reël om die suksesvolste advertensieveldtogte in die geskiedenis van demokratiese Suid-Afrika te vier.

Mia stel voor dat hulle vir Boet, Swaer en Mogae van die bekende ou Castrol-advertensies moet betrek by dié geleentheid. Mia vaar die Kalahari binne op soek na die drie manne. Sy tref die drie op presies dieselfde plek aan waar hulle nog steeds op die bankie, op die stoep van hulle klein vulstasie, sit.

Boet (Ian Roberts) is egter nie meer daar nie: hy ontvang terapie op Hotazhel. Intussen het Neef (Jack Parow) nou sy plek ingeneem.

Na ʼn lang proses oorreed sy uiteindelik vir Boet, Swaer (Norman Anstey) en Neef om saam met haar terug te gaan Johannesburg toe, maar dit het rampspoedige gevolge.

Ten spyte van die feit dat die titel en sommige van die tonele mens herinner aan ʼn soortgelyke Amerikaanse rolprent, is Babalas lekker ligte vermaak en sal gehore dit geniet om weer die karakters van die advertensies te sien.

Nóg flieks