Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Komedie, Drama | 2010

 

Skrywer: Gustav Kuhn
Regisseur: Regardt van den Bergh
Rolverdeling: Anna-Mart van der Merwe, Gys de Villiers, Anneke Weidemann, Helene Lombard, Tertius Meintjes, Crystal Donna Roberts, Dawid van den Bergh, Justin Carlse, Christopher van der Westhuizen, Peter Butler

Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom

Die Ongelooflike Avonture van Hanna Hoekom is ’n Afrikaanse tienerfliek wat gegrond is op Marita van der Vyfer se gelyknamige boek. Hanna (Anneke Weidemann) het ’n ingewikkelde gesin, maar sy is bekkig, intelligent en verbeeldingryk. Anna-Mart van der Merwe speel haar verstrooide skilder-ma en Tertius Meintjies is haar gay mode-ontwerper-pa.

Hanna Hoekom is veertien, byna vyftien, en haar lewe is nie hoe sy wil hê dit moet wees nie. Haar ma, mallerige kunstenares wat sy is, het met ’n akteur met twee seuns gaan staan en trou, en nou is Hanna en haar halfboetie Tibo se reeds gekompliseerde gesinslewe nog tien maal meer gekompliseer.

En asof dit nie genoeg is nie, kry haar ma nog die simpel idee dat hierdie hele groot, gelukkige gesin saam “op wittebrood” moet gaan – om mekaar beter te leer ken. Voeg by al die komplikasies hierbo ’n ou huis met ‘n lekkende dak op ’n verlate berg, en al die bestanddele vir ’n eersteklas ramp is in plek.

Nóg flieks