Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Tragedie-komedie | 2017

 

Regisseur: Simon Barnard
Rolverdeling: Tobie Cronjé, Neels van Jaarsveld, Chantelle Phillipus, Cobus Visser, Lionel Newton en Albert Pretorius

Die Rebellie van Lafras Verwey

Die Rebellie van Lafras Verwey, die bekende radiodrama en verhoogstuk uit die pen van bekroonde skrywer Chris Barnard, gaan binnekort lewe kry op die silwerskerm met gesoute akteur Tobie Cronjé in die hoofrol.

Hierdie tragedie-komedie is gebaseer op die 1971-drama wat deur die oorlede skrywer en sy seun, Simon Barnard, verwerk is in ’n eietydse draaiboek. Dit vertel die verhaal van Lafras Verwey, ’n aardsverlore siel wat nooit die werklikheid rondom hom kon aanvaar nie. Hy werk in die Staatsdiens, maar hoor ander musiek in sy ore en droom drome oor ’n wonderlike toekoms. Hy sien homself as ’n sleutelfiguur in die voorbereiding van ’n groot rebellie wat die gesig van die wêreld sal verander.

Wanneer hy Petra (Chantelle Phillipus), ’n jong swanger vrou, onderdak neem, kry die rebellie vir hom nog groter betekenis. Ironies genoeg, begin sy gedroomde revolusie juis die nag wat die baba gebore word. Komedie, drama en elemente van fantasie, word verweef in ’n aangrypende storie, van ’n man wat kans sien om die onmoontlike aan te durf om sy droom, van ’n beter wêreld vir almal, te verwesenlik.

Lees meer hier.

Foto’s

Nóg flieks