Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!
Beoordeel die fliek

Animasie  | 2016

 

Regisseur: Alexey Tsitsilin
Rolverdeling: Leah, Pierre Breytenbach, Antowan Nöthling, Karen Wessels, Heidi Molenze, Bettie Kemp, Wicus du Toit

Die Sneeukoningin 2

Die verhaal van Die Sneeukoningin is gebaseer op die oorspronklike klassieke sprokie wat deur Hans Christian Andersen geskryf en in 1845 vir die eerste keer gepubliseer is. Die verhaal handel oor die stryd tussen die goeie en die slegte wat ’n klein seuntjie en dogtertjie – Gerda en haar broertjie Kai – aanpak.

Die Sneeukoningin 2: Ontmoet die karakters

In Die Sneeukoningin 2 word die storie verder gevoer. Na hulle oorwinning oor die Sneeukoningin het die trolle ’n smaak vir vryheid ontwikkel. Nadat die trol Orm ’n groot rol in die oorwinning gespeel het, het hy almal se held geword. Maar nou is dit nie vir hom genoeg nie.

Die Sneeukoningin

Nadat hy op ’n komiese manier sy heldedaad en prestasies vreeslik oordryf het, begin hy om ’n web van leuens te spin – hy beweer byvoorbeeld dat hy die Sneeukoningin eiehandig oorwin het en dat dit voorbeskik is dat hy met die prinses sal trou en baie magtig en ryk sal word. Maar waarheen lei Orm se stories en gaan dit hom in die moeilikheid laat beland?

Nóg flieks