Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drama | 2014

 

Skrywers: Pierre Smith, Willemien Storm
Vervaardiger: Dumi Gumbi
Regisseur: Pierre Smith
Rolverdeling:  Adam Tas, Tanya van Graan, Ivan Zimmerman, Christina Knight, Tobie Cronje, Andre Stoltz, Nelda Jansen van Rensburg

Die Spook van Uniondale

In die fliek is Stefan (Adam Tas) ’n jong sakeman oppad na sy ouers in die Baviaanskloof. Sy Paasnaweekplanne verander egter drasties wanneer sy voertuig net buite Uniondale meganiese probleme ontwikkel en in Willowmore finaal die gees gee. Terwyl hy wag dat die vreemde werktuigkundige op die dorp sy motor herstel, vertoef hy in die plaaslike hotel waar die eksentrieke kroegman hom die storie van die spookmeisie van Uniondale vertel. Die storie van die verliefde Johan (Ivan Zimmermann) en Marie (Tanya van Graan) wie se toekomsdrome saam vinnig aan flarde geruk is. Stefan ontmoet ook ’n jong boeremeisie, Sonja (Nelda Janse van Rensburg), op die dorp, en die aantrekkingskrag tussen hulle is dadelik daar.

Nóg flieks