Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drama | 2019

 

Draaiboek: Sallas de Jager
Regisseur: Sallas de Jager
Rolverdeling: Frank Opperman, Henriëtta Gryffenberg, Thapelo Mokoena, Regardt van den Bergh, Paul Eilers, Carel Nel, Annette Engelbrecht, Gerrit Schoonhoven, Izel Bezuidenhout, Luan Jacobs, Laré Birk, Rikus de Beer

Dominee Tienie

Na sestien jaar as predikant van die Moedergemeente word Tienie Benade gekonfronteer met ’n geweldige daling in bywoning en ’n moderne gemeenskap wat by die dag verander.  Is daar nog ’n plek in hierdie wêreld vir predikante of die kerk? Hy probeer sy bes om aan te pas en sin te maak van die veranderinge, maar in die proses vervreem hy sy vrou en kinders. Na ’n insident met ’n sterwende boemelaar bevind Tienie homself by ’n kruispad. Sal hy sy selfvertroue en die liefde van sy gesin kan terug wen en sal hy dapper genoeg wees om sy gemeente in ’n nuwe era in te lei? Gebaseer op die toneelstuk deur Dana Snyman.