Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drama | 2011

 

Skrywers: Deon Opperman, Cobus Rossouw
Regisseur: Cobus Rossouw
Rolverdeling: Altus Theart, Izak Davel, San-Marie Nel, Johan Scholtz, Jacques Gombault, Hanna Grobler, Heinz Winckler, Louis Minnaar, Justin Strydom

Getroud met Rugby – Die Onvertelde Storie

Reghart Venter (Izak Davel) is ‘n motorwerktuigkundige van die verkeerde kant van die treinspoor. Hy is ‘n belowende rugbyspeler, maar het die pad byster geraak. Ná verskeie klagtes van aanranding en bakleiery kry hy ‘n laaste waarskuwing – om homself reg te ruk, of om tronk toe te gaan.

Regardt se straf is om gemeenskapsdiens te doen en rugby te oefen met ‘n voormalige ster van die Stryders rugbyspan, Fafa Beltrami (Altus Theart). “Vinnige Fafa” was op sy tyd die vinnigste vleuel in die land en gewild onder die dames. Fafa het self ook die pad byster geraak toe hy van sy vrou Kiki (Hanna Grobler) vervreem geraak het nadat hulle dogter oorlede is.

Nadat hy téén sy sin na Potties Place (die plaaslike Stryders-kroeg) gebring word ontmoet hy Lize (San-Marié Nel). Hy het vir die eerste keer iets om voor te baklei. Deur die metafoor van rugby help die twee gebroke mans mekaar weer op die regte pad.

Nóg flieks