Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!
Beoordeel die fliek

Riller, Komedie | 2017

 

Regisseur: Koos Roets
Akteurs: Deon Lotz, Dorette Potgieter, Lizz Meiring, André Weideman, Lida Botha, Jacques Theron, Francois Coetzee, Louw Venter, Lare Birk, Flip Theron, Machiel Roets, Geon Nel, Jeremy Witts-Hewinson

Hoener Met Die Rooi Skoene

Bonnie is ’n ontvangsdame van die internasionaal bekende De Waal Teateragentskap. Terwyl sy een aand weer lustig voorklets op die foon, vermoor iemand haar baas, die suksesvolle, maar minder gewilde sakeman en impresario Du Toit de Waal (Deon Lotz).

Sy tref hom aan met ’n dolk in sy rug op die kantoortafel agter haar en skakel dan die polisie.  Maar by nadere aanskoue van die bloeiende baas, word sy oudergewoonte flou.  As sy met die flitslig van Konstabel Mickey Mentz (André Weideman) in haar oë bykom, is die lyk skielik skoonveld.

Hiermee is die tafel gedek vir ’n spannende skreeusnaakse riller-komedie vol verrassende kinkels waarin die ontvangsdame met haar bekkige papegaai Napoleon en die hoogs beneukte, geïrriteerde en grieperige speurder Kaptein Hendrik Greyling (Louw Venter), sentraal staan.

Tydens die ondervragingsessie na die moord, word al die interessante karakters op kantoor in ’n klousterfobiese ruimte saamgegooi.  En dis dan wanneer allerhande interessante  geheimpies ontbloot  word.

Soos dat Cecilia de Waal (Dorette Potgieter) die aantreklike veel jonger vrou van die baas, meer as een skelmpie het en die ouer privaat-sekretaresse, Miss Enith Conradie (Lida Botha) is al jarelank verlief op die baas. Daar is ook die ligsinnige Roxie Roos (Laré Birk), die baas se minder gewillige pretpoppie.  Die sjarmante Percy Celliers (Geon Nel) doen nie sy werk nie en die ouer klerk Harold Berrington-Smith (Flip Theron) is ’n ‘tail gunner’.

En midde in dié storm van verdagmakery en beledigings verskyn die baas se ‘lyk’ dan weer skielik perdfris en gesond op die toneel.

image-rounded
Kyk Lokprent

Foto’s

Alle foto’s geneem deur: Eunice Visser

Nóg flieks