Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Romantiese Komedie | 2016

 

Regisseur: André Velts
Rolverdeling: Ruan Wessels, Elani Dekker, Christopher van der Westhuizen, Ruan Blum, Row-Lean, Pierre Breytenbach, Diaan Lawrenson, Dirk Stoltz

Jou Romeo

In ’n sportmalskool is Yvette (Elani Dekker), Tyler (Christopher van der Westhuizen) en die dramabrigade ’n piepklein minderheid.  Hulle het slegs een doel voor oë: Om Romeo en Juliet in hul matriekjaar op die planke te bring.  Die skoolhoof, Meneer Kirby Potgieter (Pierre Breytenbach), het egter ander planne en sny die kuns- en kultuurbegroting vir opgraderings aan die krieket klubhuis.  Desperaat om kaartjies te verkoop en sodoende die vertoning te red, besluit Yvette en Tyler om die skool se sportheld en hartebreker, Marko Marais (Ruan Wessels), te oortuig om die rol van Romeo te vertolk.  Onverwagse romanse onstaan, maar leuens en ambisie laat Yvette wonder of Marko werklik haar Romeo kan wees.

Nóg flieks