Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Komedie | 2017

 

Regisseur: Luhann Jansen
Akteurs: Louw Venter, Juanita de Villiers Velts, Edrien Erasmus, Kaz McFadden, Reine Swart, Ruan Wessels

Kampterrein

In hierdie eietydse familiekomedie, Kampterrein, is vakansie-chaos aan die orde van die dag. Wanneer die Afrikaanse gesin, die Fouché’s, by die ATKV-Buffelspoort-vakansieoord opdaag, sien hulle dat die karavaanstaanplek waar hulle elke jaar staan, deur die Khumalo’s beset word. Die onderonsies tussen die twee gesinne wat in ’n heen-en-weer-stryery ontaard, is skreeusnaaks.

Die bestuurder van die oord, Oom Gert, en sy nie-te-skerp assistent, probeer ondertussen om voorbereidings te tref vir ’n verrassingsbesoek van ’n anonieme inspekteur van die Suid-Afrikaanse Toerismegraderingsraad, wat sal besluit of die vakansieoord vir nog ’n ster kwalifiseer al dan nie. Om hierdie toekenning te kry, is een van Oom Gert se lewenslange drome asook sy laaste kans voor hy aftree.

Klik hier en koop die DVD op Takealot teen R149

Maar niks verloop volgens plan nie en chaos breek uit. Skielik word vrae gevra oor die skoonheidsalon wat veel meer as manikure en pedikure aan hulle kliënte bied. Daar is ook ’n ou tannie wat by die oord vakansie hou en sukkel om die teenwoordigheid van haar hondjie weg te steek by ’n oord waar geen troeteldiere toegelaat word nie; ’n nutsman wat nie in staat is om enigiets reg te maak nie; en ’n glanspaartjie wat dink niemand gaan hulle herken nie – wat alles afspeel teen die agtergrond van die pragtige, vreedsame natuurskoon van die oord. En boonop wil dit voorkom asof arme Oom Gert se droom om die gesogte ster te kry, weer eens aan skerwe gaan lê.

Die rus en vrede word egter die meeste versteur deur die volgehoue skermutselings tussen die Fouché’s en die Khumalo’s. Sal hulle hul kulturele verskille ter syde kan stel en daarin slaag om te ontvlug van die eise van die stadslewe?

image-rounded
Kyk Lokprent

Nóg flieks