Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Komedie, Drama | 2017

 

Skrywer: Ettiene Fourie
Regisseur: Ettiene Fourie
Vervaardiger: Stefan Enslin
Rolverdeling: Mila Guy, Ellof Snyman, Morné Visser, Milan Murray, Dean-John Smith, June van Merch, Melt Sieberhagen, Terence Bridgett

Liewe Kersfeesvader

In hierdie kostelike, lawwe en bekoorlike verhaal, wat meer as genoeg hart en siel vir ’n hele paar Kersseisoene het, ontmoet die kykers die Blignaut-gesin – Herman, Ma, dogter Nonnie en die kleptomaniese seun, Hugo. Dié Karoo-gesin – wat op die oog af na die perfekte gesin lyk – se feesseisoen skop egter op ’n lae en effense tragiese noot af: Ma se Kersgeskenk aan die gesin kom in die vorm van egskeidingsdokumente en die “goeie nuus” is dat sy die gesin gaan verlaat om haar by ’n reisende sirkus aan te sluit.

Wanneer Herman toenemend paniekerig en depressief raak weens Ma se skielike afwesigheid, moet Nonnie noodgedwonge na Hugo begin omsien en ’n mate van orde in die huis probeer handhaaf. En net wanneer Nonnie haar veranderende omstandighede onder die knie begin kry, kondig haar pa aan dat hy Kersfeesvader is…

Nóg flieks