Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drama | 2019

 

Skrywer: Hendrik Cronje
Vervaardiger: Johan Cronje
Regisseur: Hendrik Cronje
Rolverdeling: Hendrik Cronje, Elani Dekker, Zane Meas, Albert Maritz, Barbara-Marie Immelman, Stian Bam, Marco Spaumer, Crystal-Donna Roberts

Liewe Lisa

Daniel (Hendrik Cronje) is deurmekaar en bekommerd oor sy toekoms. Hy gradueer binnekort en gaan sy loopbaan eersdaags begin, maar het ’n geheime droom om ’n skrywer te word. In sy strewe na opwinding, word hy vasgevang in ’n buite-egtelike verhouding met ’n invloedryke besigheidsman se vrou. Na die verhouding verby is, ontmoet Daniel vir Lisa (Elani Dekker), die dogter van dieselfde besigheidsman. Teen sy belange, raak Daniel verlief op Lisa. Die foute van sy verlede haal hom in en Daniel roep die koers wat die lewe vir hom bepaal het vaarwel en hy ontmoet vir Tom (Zane Meas) – ’n eenvoudige visserman. Daniel verwyl sy dae deur vis te vang en om met Tom te gesels oor die lewe en die liefde, en hy deel sy herinneringe van die verlies van sy lewensmaat. Tom onthul ’n ander kant van homself aan Daniel en help hom om sy ware potensiaal te bereik.