Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Animasie | 2015

 

Regisseur: Presto Post, Rina Nienaber
Rolverdeling: Leandie du Randt, Elma Potgieter, Franci Swanepoel, Karen Wessels, Magda, Lochner de Kock, Richard van der Westhuizen, Francois Stemmet

Maya die By

In haar eerste grootskerm-avontuur is Maya ’n jong bytjie wat die korf verlaat om die geheime en wonder van die natuur te ontdek. Maar die pas uitgebroeide Maya is ’n vrygees wat nie die korf se reëls wil volg nie. Een van hierdie reëls is om nie die perdebye wat buite die korf woon, te vertrou nie. Wanneer die koningin se grootste skat gesteel word, word die perdebye dadelik verdink van die diefstal en almal is oortuig dat Maya ’n medepligtige was.

Met die uitsondering van haar beste vriend, Willie, wil niemand haar storie glo nie. Om Maya se onskuld te bewys, moet hulle die ware skuldige vind en daarom onderneem hulle ’n gevaarlike reis na die perdebye se nes.

Nóg flieks