Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drama | 2016

 

Skrywer: Tarryn-Tanille Prinsloo
Regisseur: Darrell Roodt
Vervaardigers: André Frauenstein, Samuel Frauenstein, Christianne Bennetto, Dries Maree
Rolverdeling: Erica Wessels, Paul Du Toit, Deanre Reiners, Elzette Maarschalk, Johan Scholtz, Devon Hofmeyr, Izel Bezuidenhout, Tanika Fourie, Kiara Fourie, Carmen Fourie

Mignon “Mossie” van Wyk

“Ek is Luna van Wyk. ’n 14-jarige meisie. Hierdie is die verhaal van Mignon “Mossie” Van Wyk, my ouer sussie. O, en haar beste vriend Adriaan Prinsloo. Ek dink sy moet met hom trou, maar dit is net my opinie. Vir een of ander rede raak Mossie hals oor kop verlief op ouer ouens – soos Leon Rossouw – wat byna nooit ’n hemp aan het nie.”

Hierdie is ’n verhaal oor liefde, uit die aard van die saak, maar dit handel meer oor hoe dit is om ’n tiener te wees en die klappe wat die lewe kan uitdeel.

Dit is ’n verhaal oor monsters en hardloop skoene. Oor “laat gaan” en “vas hou.” Oor vriendskap. Dit is ’n verhaal oor my sussie en hoe sy leer om te vlieg.

Nóg flieks