Drama | 2020

 

Draaiboek: (Gegrond op die boek deur André Carl Van Der Merwe) Oliver Hermanus en Jack Sidey
Vervaardigers: Eric Abraham, Jack Sidey
Regisseur: Oliver Hermanus
Rolverdeling: Kai Luke Brümmer, Matthew Vey, Ryan de Villiers, Stefan Vermaak, Wynand Ferreira, Shaun Chad Smit, Rikus Terblanche, Hendrik Nieuwoudt, Dale Lourens, Brendan van Zyl, Ludwig Baxter, Jan Combrink, Lian Smit, Mitchell Christy, Nicholas van Jaarsveld, Jordy Gurr, Martin Munro

#MoffieFilm

Moffie

Om ’n moffie te wees is om swak te wees. Selfs onwettig. Die jaar is 1981 en Suid-Afrika se wit minderheidsregering is in ’n stryd op die suidelike grens van Angola gewikkel. Soos alle wit mans oor die ouderdom van 16, moet Nicholas van der Swart twee jaar se verpligte militêre diens verrig om die rassistiese apartheidregering te verdedig. Die bedreiging van kommunisme en die sogenaamde “swart gevaar”, hoor die dienspligtes van hul oppergesagte, is op hul voorstoep. Nicholas weet egter dít is nie die enigste gevaar waarteen hy moet skerm nie. Die weermag is wreed en sy bevelvoerders ongenaakbaar. Die harde realiteit van wat kan gebeur as iemand van die gevoelens tussen hom en ’n mede-rekruut uitvind, is veel erger.