Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Komedie | 2013

 

Regisseur: Willie Esterhuizen, Pieter Esterhuizen
Rolverdeling: Willie Esterhuizen, Lizz Meiring, Gerhard Odendaal, Cherie van der Merwe, Karien Botha, Albert de Villiers en Marga van Rooy

Molly & Wors – Die Movie

Wors is die afgelope 26 jaar ’n lojale man vir Molly. Hy is ook pa van twee. Daar is sy seun Vaatjie, wat moes trou met sy swanger meisie Shardonay, en sy dogter Blapsie wat op die punt staan om verloof te raak aan haar kêrel Hardus. Wors werk by F1 Fitment Centre in Johannesburg en staan ’n kans om die Verkoopsman van die Jaar-toekenning te wen.

Molly het haar bedenkinge oor Wors se kans om te wen en sy ma, Ella, gaan net na die funksie omdat daar gratis kos en drank is. Wors wen egter ’n groot toekenning en daarmee saam ’n reis na Amsterdam. Molly gaan saam, maar dinge werk nie uit soos dit moes nie en Wors eindig alleen in Amsterdam op. Daar wag allerlei sports op hom, maar hy is salig onbewus van alles wat tuis in Suid-Afrika aan die kook is. Gaan sy en Molly se huwelik dit kan oorleef?

Nóg flieks