Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!
Beoordeel die fliek

Drama | 2011

 

Skrywers: Jaco Botha, Diony Kempen
Regisseur: Diony Kempen
Rolverdeling: Robbie Wessels, Lelia Etsebeth, Vanessa Lee, Michael Brunner, Niekie Van Den Berg, Riana Nel

’n Saak van Geloof

Toe Marietjie Naudé, ‘n plaasmeisie van die Karoo, vir haar ouers vertel dat sy swanger is, was dit vir hulle nogals ‘n skok. Natuurlik glad nie so ‘n groot skok as soos sy vir hulle verder vertel dat sy nog ‘n maagd is en dat dit die Heilige Gees is wat haar moes bevrug het nie. Veral haar pa, Kallie, wil graag sy dogter glo, maar soos Sanna wat in die Naudé’s se kombuis werk dit stel: Geloof kom nie altyd so maklik nie.

Ten spyte van die sewe-jaar-droogte wat gebreek word tydens Krisjan se geboorte en die feit dat Sanna se man Abel wonderbaarlik van siekte genees word, bly die kerk en die dorp se mense skepties oor Marietjie se storie. Sy besoek van daar af elke Sondag ‘n ander kerk, op soek na ‘n gemeente wat bereid is om nog in wonderwerke te glo.

‘n Saak van Geloof, is op ‘n manier ‘n hedendaagse hervertelling van die Christus verhaal, en ‘n versugting na ‘n tyd toe wonderwerke nog aan die orde van die dag was. Dis ‘n deernisvolle verhaal oor ‘n plattelandse gemeenskap wat gekonfronteer word met alles waarin hulle glo.

Nóg flieks