Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drama

 

Draaiboek: Deon Opperman
Regisseur: Marisa Drummond
Rolverdeling: Stefan Ludik, Wynand van Vollenstee, Deànré Reiners, Arno Greeff, Anlia van Rensburg

24 Februarie 20:00

Playboyz

Vyf vriende word gedwing om op ’n vreemde manier geld in te samel, ter wille van oorlewing.

Playboyz is ’n komedie oor vyf vriende, elkeen met ’n unieke probleem, wat met geld reggestel kan word. Hulle besluit om saam die bul, op ’n onortodokse manier, by die horings te pak, om sodoende hul onderskeie probleme uit te sorteer. Maar sukses is nie maklik nie en hulle moet eers ’n paar harde klippe kou, voordat die geldnote begin inrol.

Mike en sy besigheidsvennoot stamp koppe oor die finansiële toestand van hul kroeg, Doppies.

Sean is ’n rykmanskind en het nog altyd gekry presies wat hy wou hê, totdat hy sy studies opskop en onterf word…

Ryno is ’n aspirant rugbyspeler met ’n buite-egtelike seuntjie en ’n eks-meisie wat hom dagvaar vir meer onderhoud.

Rollie is die ‘wheel-n-dealer’ en is meestal kniediep in die moeilikheid oor lenings en skuld.  

Emma is ’n jong aktrise wat op haar groot deurbraak wag. Sy kan dalk die manne help om hul droom te bereik!

Die gebeure wat afspeel nadat Rollie ’n blink idee kry, oortref almal se verwagtinge en druk hierdie groep vriende tot op die randjie van opgee!