Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drama | 2017

 

Skrywer: Annelie Botes
Vervaardiger: Sally Campher
Regisseur: André Velts
Rolverdeling: Diaan Lawrenson, June van Merch, Deon Lotz, Anrich Herbst, Ian Roelofs

Raaiselkind

’n Negejarige outistiese seun word dood aangetref. Sy ma, Ingrid, wat hom sy lewe lank versorg het en baie lief vir hom was, word van moord verdink.

Nadat hulle vir vier jaar lank hulle seun Alexander van die een dokter na die ander geneem het om te probeer vasstel wat hom makeer, diagnoseer ’n spesialis hom uiteindelik as outisties. Die verligting om ’n naam te gee aan die rede waarom hulle seun so anders en moeilik is, maak egter gou plek vir wanhoop as hulle besef dat bittermin gedoen kan word om sy toestand te verbeter.

Raaiselkind verken die nimmereindigende las wat outisme op ’n gemiddelde, liefdevolle gesin plaas en wys hoe die gesin as gevolg daarvan begin verbrokkel. Dit bring die onvermydelike waarheid tuis dat die samelewing op ’n onmenslike manier onverskillig staan teenoor enigiets wat hulle as abnormaal beskou.

Raaiselkind is ’n sensasionele storie wat die loodswaar kruis wat outisme op ’n gesin plaas, ondersoek. In hierdie onrusbarende storie word die tragedie van outisme en sy vernietigende gevolge op ’n gesin aan die kaak gestel. Die verhaal word op ’n pynlik eerlike manier vertel en bring die onvermydelike waarheid tuis: die samelewing staan op ’n wrede manier onverskillig teenoor enigiets of iemand wat as abnormaal beskou word.

Die primêre temas van Raaiselkind is die gesin, verwerping deur die gemeenskap, vriendskapsbande en outisme. Die rolprent fokus op al hierdie temas wat in noue verwantskap met mekaar staan en na die geboorte van die seuntjie, Alex met Outisme, op die voorgrond tree. Die kyker ontdek saam die gesin die werklikheid van wat outisme regtig is en met behulp van sekere tonele begin ons as toeskouers begrip ontwikkel vir die volle betekenis van die konsepte “familie” en “vriende”.

Die rolprent vra uiteindelik die volgende vrae: Wat sal jy in hierdie situasie doen? Het sy haar eie seun doodgemaak? Was dit ’n ongeluk?

Nóg flieks