Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drama

 

Draaiboek: Christel van den Bergh
Regisseur: Marisa Drummond
Rolverdeling: Mila Guy, Adam Heyns, Adriaan van As, Lilani Prinsen

7 April 20:00

Soek jy ’n lift

Wanneer Carmen en Frannie vir hul troudag opdaag, hoor hulle die trouklokke, maar weet nie noodwendig waar die bel hang nie.

Die verhaal van ’n pasgetroude paartjie wat mekaar glad nie goed ken nie. Dit was egter liefde met die eerste oogopslag, en binne enkele maande het hy haar gevra om te trou. Hoewel Carmen ’n konserwatiewe meisie is, is sy nie vervelig nie. Sy’s ’n trouvrou, en Frannie het geweet hy moet haar opraap voor iemand anders dit doen. Hulle beste vriende, Claudie (a.k.a Electra) en Pieter (a.k.a Brink, a.k.a Kombi), dra onderskeidelik by tot oomblikke van enorme spanning en geheime wat skynbaar onder die mat ingevee kan word.

Na hulle droom-bruilof kom Frannie en Carmen giggelend by die hotel ingestrompel, hulle kan hul hande nie van mekaar af hou nie, die huweliksnag het aangebreek…!

Maar dan stop die hysbak skielik. Frannie en Carmen is vasgevang in ’n klein spasie, wat hulle dwing om hul grootste geheime teenoor mekaar te ontbloot.  

KOM BINNEKORT