Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!
Beoordeel die fliek

Romantiese drama | 2016

 

Skrywers: Amy Jephta, Hanli Rolfes
Regisseur: Maynard Kraak
Rolverdeling: Anelle Bester, Neels Van Jaarsveld, Andre Roothman, Vere Tindale, Peter Butler, Chris Van Niekerk, Andre Samuels, Tim Theron, Shamilla Miller, Clara Joubert

Sonskyn Beperk

Die Afrikaanse fliek, Sonskyn Beperk, vertel die storie van ’n vurige Anya wat ná drie jaar in New York terugkeer Suid-Afrika toe om haar pa by te staan en die ondergang van hul familieplaas te probeer voorkom.

In die fliek moet Anya en haar pa, Marius (André Roothman), gou speel om hul familieplaas, Sonskyn Beperk, te red van ondergang. Hulle tyd is min, en die feit dat kommunikasie verbrokkel het tussen die twee hardkoppige vuurvreters, maak dit ’n opdraande stryd vir pa én dogter. Marius het wel ’n plan om die plaas van ondergang te red, maar wanneer Anya agterkom wat dit is, moet sy nog oortuig word dat dit die pad is om te loop.

Aan die ander kant van die sosio-ekonomiese landskap is daar die pierrewaaier-rokjagter Ruan (Neels van Jaarsveld) wat van sy plek in die familiebrouery ontneem kan word, juis omdat sy kop nie altyd by sake is nie. Die vonke spat behoorlik tussen dié twee karakters.

Nóg flieks