Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drama

 

Draaiboek: Deon Opperman
Regisseur: André Velts
Rolverdeling: Sandra Prinsloo, Marius Weyers, Viljé Maritz, Luan Jacobs, Ruan Blum, Mila Guy

27 Januarie 20:00

Stille nag

Die verhaal van een gesin… En ’n engel.

Oukersaand by die Van der Hovens word die Kersboom se liggies nie aangeskakel nie, want Gerhard is nog nie tuis nie. Pa en Ma, en die ander seuns, die verstandelik gestremde Daantjie en Adriaan (met sy vrou Antoinette) wag vir hom. Gerhard was gearresteer vir ondervraging oor sy betrokkenheid by die vryheidstryd in Suid-Afrika en sy tuiskoms roep die gelykenis van die verlore seun op. Daarenteen is Adriaan deel van die regse politiek en oortuigde AWB-lid.

Die gesin word in twee kampe geskeur, met Daantjie wat die perspektief van onskuld verteenwoordig en Antoinette wat in haar verhouding met Adriaan verdruk word. Die moeder, probeer om eensgesindheid te bewerkstellig en die vrede te bewaar, waarin sy gesteun word deur die naïewe Daantjie. Daarenteen is die pa, aanvanklik skynbaar aan Adriaan se kant.

Die dag van vrede en liefde word ’n dag van geweld en haat. Die gesin waar mens op jou veiligste moet voel, word juis die plek waar jy oorgelewer word. Die gesinstafel wat simbool is van eenheid word werktuig van verdeeldheid. Die fisieke konfrontasie in dié drama word tekenend van ’n botsing van ideologieë: Hiper-konserwatiewe Afrikanerskap versus verligte liberalisme.