Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!
Beoordeel die fliek

Romantiese drama | 2015

 

Regisseur: Darrell Roodt
Rolverdeling: Bouwer Bosch, Erica Wessels, Stefan Ludik, Paul du Toit, Lizz Meiring, Lika Bering, Rika Sennet, Richard van der Westhuizen, Marlee van der Merwe

Trouvoete

Louis van Est is baie vertroud met die menslike anatomie, tog weet hy niks rakende die toestand van die menslike hart nie. Hy ontsnap sy eentonige lewe na ’n wêreld agter sy skootrekenaar skerm waar hy ure om gesels met ’n “Natgrassterrekyker”.

Ella Gouws is ’n doodgewone, geen-doekies-omdraai dertigjarige wie se hart herhaaldelik gebreek is. Sy het haarself belowe om nooit weer iemand naby aan haar toe te laat nie, uit vrees dat haar reeds gebroke hart, weer gebreek word.

Margiet Gouws, Ella se jonger sussie, is naarstigtelik besig om die troue van die jaar te reël wat plaasvind gedurende die Kerstyd.

Gesprekke tussen Natgrassterrekyker en haar geheime bewonderaar handel oor alles behalwe persoonlike besonderhede. Ella raak smoorverlief op die prins aan die ander kant van haar rekenaarskerm, totdat hy haar wil ontmoet.
Wat gebeur wanneer ’n dokter en ’n sterrekyker met ’n stukkende hart ontmoet? Hulle raak verlief, maar liefde is nie ’n maklike operasie nie.

Nóg flieks