Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!
Beoordeel die fliek

Drama | 2016

 

Skrywers: Regardt van den Bergh, Clara Joubert van den Bergh
Regisseur: Regardt van den Bergh
Rolverdeling: Clara Joubert van den Bergh, Stian Bam, Margot Luyt, Carel Trichardt, Jill Levenberg, Clyde Berning, Marvin Lee-Beukes, Oscar Petersen

Uitvlucht

Hierdie geestelike drama vertel die storie van Anna (Clara Joubert van den Bergh), ’n gewone middelklas-vrou, wat ná ’n fout alles verloor wat saakmaak in haar lewe. In haar gebrokenheid kry sy werk op ’n plaaskooltjie met die naam Uitvlucht. Soos wat sy die kan wurms – waarmee sy gekonfronteer word – stelselmatig uitpluis, begin haar eie genesing plaasvind en leer sy om haarself te vergewe en te aanvaar dat iemand haar dalk weer sal liefhê.

Met die ondersteuning van die ander onderwysers en Dok (Stian Bam), ’n sagte vriendskaplike boer wat die Uitvlucht-skool besoek en Anna bevriend, vind sy die moed om haarself en die mense rondom haar weer op te bou. Behalwe vir haar eie dilemma, moet sy skielik skoolouers se drankmisbruik, kinders wat gemolesteer word en ongenaakbare mense hanteer, wat geen ontsag het vir hulle eie lot nie.

Dit is ’n storie van hoop in ’n hopelose situasie, genade in desperaatheid, en van liefde wat alles oorwin.

Nóg flieks