Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Komedie | 2017

 

Regisseur: Bruce Lawley
Skrywer: Bruce Lawley
Akteurs: Rob Van Vuuren, Chanelle de Jager, Reine Swart, Matthew Baldwie, Andre Jacobs, Adrienne Pearce, Ian Roberts, Rikka Sennet, Louw Venter, Erica Wessels, Benedikt Sebastian, Barry Hilton, Kurt Darren, Neels van Jaarsveld, Tinarie Van Wyk-Loots, Jeanne Neilson

Van der Merwe

Van der Merwe, wat afspeel op ’n plaas in Suid-Afrika, vertel die verhaal van Van se dogter, Marike, wat terugkeer na ’n oorbrugingsjaar in England. Maar sy is nie alleen nie. Haar verloofde, George, ’n Britse mediese student is aan haar sy. Dit skep die perfekte geleentheid vir talle probleme en uitdagings.

Van moet nie net daarmee vrede maak dat sy enigste dogter met ’n Engelsman gaan trou nie, maar word ook deur sy moeilike, tradisionele pa beveel om dié verhouding te beëindig. Dit plaas hom in ’n baie stresvolle situasie en los hom met ’n moeilike besluit: staan hy op teen sy pa en aanvaar die troue, of gehoorsaam hy sy pa, wie se goedkeuring hy bittergraag wil hê, se bevel wat kan beteken dat hy sy dogter vir altyd kan verloor.

Wanneer die aanstaande Britse skoonfamilie opdaag, word daar behoorlik kop gestamp. Dit ontaard in ’n kultuurstryd en lei tot verskeie kantkies-insidente en ander skreeusnaakse gebeure, wat lewe gee aan die klassieke Van der Merwe-grappies wat ons almal so goed ken.

Nóg flieks