Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drama

 

Draaiboek: Inga Botha
Regisseur: André Velts
Rolverdeling: Nastassja Pretorius, Stefan Vermaak, Hannes Brümmer, Amalia Uys, Ansu Visser, Nadia Beukes, Angelique Gerber

3 Februarie 20:00

Vat ’n kans

Daar is niemand wat meer in die liefde glo as Lisa nie. Op 32 is sy die suksesvolle produksiebestuurder van ’n top-realiteitsprogram – Vat ʼn kans! – waar die land se hubaarste vrygeselle hulle kans op die liefde waag. Lisa se eie liefdeslewe is net ’n lang lys mislukkings.

Maar dan begin die volgende seisoen van Vat ’n Kans! en die nuutste deelnemer, Christo Dippenaar, ʼn sjarmante jong boer, steel Lisa se hart.

Die liefde dwing Lisa om vir die eerste keer buite die perfekte boksie van haar lewe te trap. Sy besluit om onder ʼn skuilnaam vir haar eie program in te skryf. Met behulp van die regisseur, Wouter, vermom Lisa haarself en sy het drie dae om vir Christo te oortuig dat sy die vrou van sy drome is. Haar taak word egter bemoeilik deur die ander twee dames wat ook vir Christo se hart veg. Liefde is net ’n brief weg…