Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drama | 2016

 

Regisseur: Darrell James Roodt
Skrywer: Stefan Enslin
Rolverdeling: Hykie Berg, Hannes van Wyk, Jana Strydom, Hanlie Rolfes, Johan Scholtz, Angelique Pretorius, Corine du Toit, Jurgen Hellberg, Deanre Reiners

Verskietende Ster

Phillip Schuman se wêreld voel of dit in duie stort die dag toe sy ma sterf. Dit is nou net hy en sy pa Tomas, die pa wat lankal reeds moed opgegeehet op die lewe. Phillip kon maar net sowel saam met Maria gesterf het want na haar dood word Phillip verhoed om enigsins sy talent en passie virmusiek verder uit te leef. Die hoop om klavier by die skool te speel is tevergeefs waar die skool boelie met ‘n ysterhand regeer en die tingerige Phillip boonop vervreem word van die speelgronde. Spoedig vind Phillip kreatiewe maniere om sy talent as pianis uit te leef op die mees ongelooflikste manier, maar selfs dit lei tot ramspoedige gevolge.

Nóg flieks