Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Romantiese Komedie | 2016

 

Regisseur: Quentin Krog
Rolverdeling: Simoné Nortmann, Francois Jacobs, Elize Cawood, Nicola Hanekom, Neels van Jaarsveld, Drikus Volschenk, Leandry Smith, Liam Bosman, Lara Kinnear, Candice Kruger en Bennie Fourie

Vir die Voëls

Vir die Voëls is geïnspireer deur die ware verhaal van Huisgenoot-leser Irma Humpel as jong bride-to-be in die laat sewentigs. Hubare mans was op die grens vir diensplig en vroueregte ’n stadig ontwikkelende konsep in Suid-Afrika, maar vriendskap en gesin was ’n tafel vol lekker braaivleis, verhoudings was definitief nie ’n Facebook-status nie en die lewe en liefde het net ’n klein bietjie meer opreg gevoel as ons moderne kits-bestaan.

Quentin Krog, regisseur van die rolprent, sê: “Ek het saam met ’n fenomenale span gewerk en die hele verfilming geniet. Die lekkerste tonele om die regie van te behartig, was die oomblikke tussen Irma en Sampie; dit het deurentyd vir drama, romanse en komedie gesorg.

“Ek is opgewonde oor die gehoor wat na dié film gaan kyk. Ek is ook opgewonde oor die idee om hulle terug te neem na ’n ander era; om hulle te laat lag, huil en verlief te maak. Om hulle te vermaak.”

Nóg flieks