Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!
Beoordeel die fliek

Romantiese komedie | 2014

 

Skrywer: Jacomien Bezuidenhout
Vervaardiger: Maynard Kraak
Regisseur: Maynard Kraak
Rolverdeling: Lika Berning, Nico Panagio, Bok Van Blerk, Marga Van Rooy, Almarida Reynecke, Rowan Cloete

Vrou Soek Boer

Mareike is ’n stadsmeisie en suksesvol in haar veeleisende beroep. Haar liefdeslewe laat egter veel te wense oor. Ná ’n onderonsie met haar baas, verruil sy die stad vir die platteland om ’n bakkery oor te neem wat sy geërf het. Haar nuwe lewe hou meer in as wat sy kon indink. Buiten dat sy haar snyerspakkies vir ’n voorskoot moet verruil, begin die poppe dans wanneer sy tussen Meneer Aantreklik en Meneer Reg moet kies.

Die frustrasie oor haar onvermoë voor die bakoond in die bakkery word vererger wanneer sy gereeld in Neil, ’n boer van Wakkerstroom, bly vasloop. Ná ’n heel paar rampspoedige afsprake met mans in die omgewing ontmoet sy vir Stander wat glo Mareike is die vrou vir hom. Maar is Stander die man vir haar of gaan sy en Neil hulle aanvanklike irritasie met mekaar vir iets meer kan verruil?

Foto’s

Nóg flieks