Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drama, Riller | 2012

 

Skrywer: Leon van Nierop
Regisseur: Jozua Malherbe
Rolverdeling: Rolanda Marais, David Louw, Lelia Etsebeth, Desiré Gardner, Gerard Rudolf, Jacques Bessenger, Illse Roos, André Roothman, Riana Wilkens, Karen Wessels

Wolwedans in die Skemer

Wanneer ’n jong dame, Sonja Daneel (Rolanda Marais), ’n motorongeluk maak naby die luukse Hotel Njala in Hazyview, verloor sy haar geheue.  Met haar aankoms by die hotel raak sy onwillekeurig betrokke by ’n obsessiewe familie – die Jouberts – wie se lewens beheer word deur hierdie spookagtige, vreemde hotel.  Sy ontdek spoedig dat familie-geheime en ’n obsessie met die verlede by die Joubert familie spook en ’n houvas op hul lewens het.  Ryno Lategan (David Louw), die sjarmante toergids, is die enigste persoon wat daarin slaag om vernuwing by die hotel te bring.  Sy taak word egter vermoeilik wanneer dit blyk dat ’n moord gepleeg is by Hotel Njala…  Ryno beloof om vir Sonja te beskerm en spits hom daarop toe om vir Sonja te help om haar geheue te herwin te midde van al die chaos by Hotel Njala.

Nóg flieks