Drama | 2018

 

Skrywer: Amy Jeptha
Regisseur: Daryne Joshua
Rolverdeling: Jill Levenberg, Jarrid Geduld, Elton Landrew, Kay Smith, Clint Brink, Elton Landrew

Ellen: Die storie van Ellen Pakkies

Ellen, Die storie van Ellen Pakkies is die ontstellende verhaal van ’n vrou wat deur die strafproses geplaas word, teregstaan op ’n moordaanklag en gedryf is deur ’n onwrikbare liefde vir haar seun. Dit delf in die innerlike psige van ’n familie wat deur dwelms vernietig word, in een van die gevaarlikste gemeenskappe in Suid-Afrika. ’n Plaag, met gevolge wat verder strek as die Kaapse Vlaktes en wat die staat se onvermoë, om die armstes van die armes te beskerm, beklemtoon.