Riller | 2018

 

Skrywer: Nosipho Dumisa
Regisseur: Nosipho Dumisa
Vervaardigers: Benjamin Overmeyr, Bradley Joshua
Rolverdeling: Irshaad Ally, Pam Ismael, Ephraim Gordon, Sandi Schultz, Danny Ross, David Manuel, Elton Landrew, Deon Lotz, Amrain Ismail-Essop, Abdul Aziz Schroeder

Nommer 37

Nommer 37, wat afspeel in ’n fiktiewe woonstelblok genaamd Haven Mansions in Dumisa se weergawe van ’n buurt op die Kaapse Vlaktes, bied ’n kykie deur die oë van ’n verbitterde eks-krimineel wat deur die wêreld waarvan hy eens so deel was opgekou en uitgespoeg is.

Die storie, wat hoofsaaklik vanuit Randal se woonstel vertel word totdat die speurder opdaag, is slim saamgestel om die bouende spanning en gevoel van disfunksie in die fliek enduit te handhaaf.

Nommer 37 is ’n spanningsbelaaide grootskerm-ervaring, wat kykers op die punte van hulle stoele sal hou tot en met die laaste toneel.

WAARSKUWING: Ouertoesig word aanbeveel.

Rolverdeling