Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Afrikaanse Films en Maluti FM 97.1 snoer kragte

Vanaf Woensdag, 16 Januarie 2019 gaan Afrikaanse Film en die bekende Vrystaatse gemeenskap radiostasie, Maluti FM 97.1, kragte snoer vir ’n opwindende weeklikse film-insetsel.

Dié insetsels, wat Woensdae om 15:45 uitgesaai sal word, gaan fokus op interessante feite, nuusbrokkies en agter die skerm-onderhoude met rolspelers van die films.

Daar sal ook gesels word met Afrikaanse Films se redakteur en stigter Fanie Nel en resensent Leoné Prinsloo.

“Ons is baie opgewonde om hande te vat met Maluti FM 97.1 en kan nie wag om ons opwindende inhoud met die luisteraars te deel nie,” sê Fanie.

Maluti FM saai in Betlehem in die Vrystaat op 97.1 FM uit en kan ook aanlyn geluister word by www.malutifm.co.za.