André Velts die man agter Huisgenoot en kykNET se tweede fliek

FOTO: Fathom Media

Die bekende filmregisseur, André Velts, was aan die stuur van sake van Huisgenoot en kykNET se tweede rolprent, Vergeet my nie. Dié film is geskoei op die ware verhaal van die gekultiveerde student, Mardaleen en haar man Hugo Derks. Ons het met André gaan gesels oor die film .

Hoe was dit om aan die stuur van Huisgenoot se tweede film te wees?

Dit was regtig ’n groot verantwoordelikheid gewees, maar ook regtig baie fun! Met die sukses van Vir Die Voëls en hoe goed dit gedoen het en hoe mense het dit gelove het, kom die verantwoordelikheid want nou kom die tweede film en jy hoop dit is ook dieselfde sukses. Maar wat ek ook geleer het is omdat dit ’n ware verhaal is, sal dit ’n sukses wees want die mense weet dit het gebeur, en die mense het daardie kans gevat. Ek het dit regtig, regtig baie geniet om deur die hele proses te gaan en om alles te skiet in elke land en elke plekkie waar hulle gelewe het en geloop het. Dit was vir my regtig ’n groot voorreg.

Vergeet my nie is gebaseer ’n ware verhaal. Hoe gereeld het julle die werklike paartjie, Mardaleen en Hugo, betrek by die proses?

Nadat ek die draaiboek gelees het en die werk aanvaar het, het ek onmiddellik hul nommers gevra en gebel. Omdat hulle in Namibië is, is dit natuurlik baie moeilik om te kommunikeer, maar natuurlik WhatsApp en Skype het baie gehelp, so ons het gereeld gekommunikeer. Ek het vir hulle baie vrae gevra en om vir my soveel foto’s as moontlik te stuur en soveel staaltjies te vertel om die klein nuances bymekaar te sit. Ek het regtig probeer om haar (Mardaleen) se koshuiskamer presies te laat lyk soos dit gelyk het en waar hulle ontmoet het. Ek het alles probeer ‘recreate’. Omdat die storie gedramatiseerd is en daar goed is wat nie in hul storie was nie, het ek seker gemaak dat hul elke keer sal kan voel dat wat ek gedoen het is deel van hul storie. Ons het ook ’n lekker dag gehad waar hulle ’n stelbesoek kom doen het en ons kon lekker idees laat hardloop. Die liefde bly die belangrikste boodskap – indien ons by hul ‘authenticity’ kon bly, sal dit baie naby kom aan hul liefde.

Vertel ons meer van die tipe skote wat in die film gebruik is.

Ek het geweet dat ons in Namibië en London gaan skiet en dat ek nie baie toerustig kon oorvat nie. Ek het twee verskillende kameras gebruik; Arri Alexa en ook ’n Black Magic Pocket Cinema 4K. Ek het geweet daardie twee kameras is die twee wat die beste bymekaar sal uitkom wanneer die film gegrade word. Waar ek kreatief moes wees wanneer ons in publieke plekke geshoot het, het ek die kamera op ’n gimbal gesit om ’n sekere beweging te create sodat dit voel of dit deel is van die storie, en byvoorbeeld in die London huis wat baie klein was, kon ons handheld gaan. So ek het verander na aanleiding van my locations. Een van my gunsteling rolprente, A King’s Speech het ook hierdie benadering gevolg en my baie geinspÏreer. Toe hul ouer word het ek dit bietjie meer stabiel gemaak sodat daar rustigheid is in die storie wat die kamera vertel.

Waarom dink jy sal kykers met die film kan vereenselwig?

Ek voel altyd dat wanneer dit kom by liefdesverhale, en ware liefdesverhale, is die mense geneig om meer in te koop in die storie want hul kan nie glo dat mense deur soveel obstacles was om ware liefde te vind nie. Wat hulle moes deurgaan om actually op die punt te kom waar hulle trou nie. Liefde is ’n baie universal ding, en sodra mens ’n universal ding bymekaar kan sit, kan mense ongeag van waar hul vandaan kom daarmee vereenselwig. Ons almal weet hoe dit voel om verlief te wees en daarom is dit altyd ’n goeie resep en een van die genres wat die meeste geld by die loket inbring, want almal hou van ’n liefdesverhaal.

Julle het in Suid-Afrika sowel as London in die Verenigde Koningkryk verfilm. Vertel ons meer asb.

Dit was baie challenging om goed uit kontuniteit te skiet want ons het byvoorbeeld ’n kamer en die Sprinkbok Bar in London en Vivienne se huis in Suid-Afrika geskiet. En die res in London. So in London loop hul in die straat en dan wanneer hul inloop, dan is dit tonele wat in SA eerste geskiet is. So dit was ’n uitdaging om seker te maak alles is in plek en om die ritmes dieselfde te hou. Ek moes ook notas maak van my regiestyl elke dag en hoe ek daardie dag gevoel het om seker te maak daar is ’n balans in die film. In London was dit ook ’n groot uitdaging omdat alles duur is – ons moes ’n kleiner kamera neem en strategies beplan hoe ons sekere tonele gaan skiet. Direk daarna is ons Namibië toe met ander probleme – daar is nie infrastruktuur nie, dis baie warm, die wind waai en ek moes weer op ’n ander manier kyk na Namibië en sy uitdagings. Maar dis prosesse soos dit wat ’n film bymekaar bring – watter prosesse en beplanning mens moet doen. Dis waaroor filmmaking gaan – om dit te waardeer en daarvoor lief te raak.

Som die film in vier woorde op.

Toeval, vriendskap en liefde.

Vergeet my nie begin Vrydag, 14 Februarie 2020 in rolprentteaters draai.