Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

‘Die Stropers’ in Maart op die silwerskerm

Brent Vermeulen en Alex van Dyk in ’n toneel. FOTO: Verskaf deur Indigenous Film Distribution

Die Ettiene Kallos film, Die Stropers (The Harvesters), wat kritiese lof op die 2018 Cannes-filmfees gewen het, sal vanaf 15 Maart landwyd in rolprentteaters draai.

Dit is ’n intense sielkundige drama wat handel oor die mondigwording van ’n nuwe generasie Afrikaanse jeug. Dié film, wat teen ’n strawwe en stowwerige landskap afspeel, vertel die verhaal van die gehoorsame Afrikaanse tiener, Janno, wie moet aanskou hoe sy kinderjare skielik tot ’n einde kom na sy godsdienstige ma, Marie, ’n geheimsinnige weeskind, Pieter, huisves op die gesin se afgeleë veeplaas in die Vrystaat.

Pieter (Alex van Dyk) is ’n Afrikaner sonder die wortels en kultuur. Hy weier egter om saam met die gesin te bid en glo nie in God asgevolg van die ontrekking simptome van die dwelms wat hy gebruik. Ten spyte van die ongemak in die huis, doen die sagte en seksueel verwarde Janno, alles in sy vermoë om die spanning te verlaag en maak gou sy hart  teenoor dié vreemdeling oop.

“Die verlies van ’n kind is ’n universiële kwessie, maar ek wou dit in ’n plattelandse milieu plaas,” het Kallos gesê. “Wanneer jy in die stad bly domineer dit jou lewe, maar wanneer jy in die platteland woon is dit anders om: die land en elemente beheer jou. Die stilte van die platteland neem elke besluit wat jy maak, elke aksie wat jy neem en gooi dit terug na jou.”

Soos die band tussen die twee seuns hegter raak en Pieter se gesondheid verbeter neem die twee deel aan die jaarlikse mielie stropery. Maar Pieter se lus vir seks en dwelms raak sterker. Dis nie lank nie voordat die twee seuns hulself in ’n gevaarlik web van mag en identiteit bevind en Janno met een vraag in die gesig moet staar: behoort hy in die konservatiewe gemeenskap of is hy bestem om ’n nuwe pad in Afrika te stap?

Die Stropers het sy premiere op die Cannes-filmfees gehad en is met ’n staande ovasie toegejuig.

Kallos sê dat hy inspirasie geput het uit ’n gemeenskap storie in ’n post-koloniale wêreld wat homself isoleer. “Wat interessant is, is dat die nuwe generasie Afrikaners buite die apartheid-ere gebore word en in ’n nuwe Afrika groot word, waar vrae oor identiteit onder die soeklig geplaas word, nes in die film. Ons het hard gewerk om te wys dat die landskap groter is as die mense.”

Die film het reeds ’n handvol toekennings opgeraap insluitend die Sundance/Mahindra se Wêreldwye filmmaker-toekenning, die Gan Foundation se Prix openingstoneel-toekenning, die Rome Internasionale-filmfees se Alice Nella Citta Jurry toekenning vir Beste eerste speelfilm, die Cheries-Cheris-filmfees se Grand Prix-toekenning en die African Filmfees van Khouribga se Beste regisseur-toekenning.

Die Stropers is Kallos se eerste speelfilm.

Die film word ondersteun deur die KwaZulu Natal se filmkommisie, die Franse agentskap, die Griekse filminstituut, die Poolse filminstituut en die Departement van Handel en Nywerheid (DTI). Dis ’n Suid-Afrikaanse, Franse-Griekse-Poolse samewerkende produksie vervaardig deur Spier Films.

Die Stropers word deur Indigenous Film Distribution in Suid-Afrika uitgereik.