Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Drie redes waarom jy dié naweek Die Byl 2 moet kyk!

FOTO: Verskaf

Kaapstad is die Suid-Afrikaanse stad met die hoogste moord- en roofkoers en sodoende die logiese millieu vir Seisoen 2 van Die Byl, die grinterige Afrikaanse polisiedrama wat nou as geheel beskikbaar is op Showmax, voordat dit in Desember 2019 op kykNET uitgesaai word. 

Piet van der Bijl (Waldemar Schultz) is ’n briljante speurder wat spesialiseer in reeksmoordenaars – en ’n werkverslaafde wat enige iets sal doen vir die mense naaste aan hom.

In Seisoen 2, wat 5 jaar na die eerste seisoen afspeel,  is Byl se verhouding met advokaat Nicky Swanepoel (2018 Tempo-toekenning vir Aktrise van die jaar-benoemde Milan Murray van Waterfront) op die rotse, en sy eksvrou Carien (Fiesta, Kanna, Vita en ATKV-wenner Rolanda Marais van Johnny Is Nie Dood Nie), is terug in sy lewe. 

Byl is egter soos gewoonlik meer geïnteresseerd in die sake wat hy ondersoek, en die reeksmoordenaars waarmee hy moet rekening hou raak meer en meer gesofistikeerd. Die slagoffers is bendelede op die Kaapse Vlaktes, bejaardes in ’n aftreeoord, gevangenes in ’n maksimum-sekuriteit tronk en diegene wat eerste opdaag om bystand te verleen op noodtonele, onder andere. 

Alhoewel die sake episodies afgehandel word, is daar ’n spanningslyn wat deur die hele seisoen opbou wanneer diegene naaste aan Byl die teikens word, en die jagters in prooi verander …  

Hier is drie redes waarom jy Die Byl by jou kyklys moet voeg: 

  1. Dis geïnspireer deur “Suid-Afrika se eie superspeurder”

Terwyl die sake wat ondersoek word fiksioneel is, is Die Byl geïnspireer deur die werklike Suid-Afrikaanse speurder Piet Byleveld, wat van Suid-Afrika se mees opspraakwekkende moordsake opgelos het, soos die moorde op  Leigh Matthews, Sheldean Human en Sibille Zanner. Hy het ook berugte reeksmoordenaars soos Lazarus Mazingane, die Nasrec-moordenaar, en Cedric Maake, die Wemmerpan-moordenaar vasgetrek.  

Volegns Daily Maverick,  was Byleveld – of Piet Byl soos hy bekend was – “een van die beste speurders wat ooit die pos beklee het. Hy het ’n 99% sukseskoers gehad in ’n loopbaan wat oor byna 40 jaar gestrek het” – en het die FBI, Mossad enScotland Yard in ondersoeke bygestaan. 

Byleveld het gekonsulteer op Seisoen 1 van Die Byl tot kort voordat hy in 2017 oorlede is. Sy afsterwe is wyd betreur, met  News24 wat hom ’n “top polisieman” genoem het; Daily Maverick wat hom as “Suid-Afrika se eie superspeurder” beskryf het en IOL wat gesê het hy was “’n reeksmoordenaarjagter met ’n sagte kant.”

  1. Dis die beste rolverdeling wat ons in ’n lang tyd gesien het

Waldemar Schultz (7de Laan) en Lika Berning (Liefling) het in 2017 die Huisgenoot Tempo-toekennings vir Beste Akteur en Beste Aktrise gewen vir hulle spel in die eerste seisoen as die peinsende kolonel Piet van der Bijl en die forensiese sielkundige, kaptein Lena Evans, onderskeidelik.  

Hulle word ondersteun deur ’n uitsonderlike rolverdeling wat ook vir Marvin-Lee Beukes (Waterfront, Die Boland Moorde) as kaptein Juan Stuurman insluit, wat uit Byl se span na IT verskuif het; Vita-toekenning-wenner Eric Nobbs as patoloog Dr. Fritz Barnard en Trudy van Rooy as sy nuwe laboratorium-assistent, Dr. Shani van Rooi; Avanti-wenner Barbara-Marié Immelman as Ellie Bonthuys, ’n voormalige joernalis wat net op soek was na sensasie, wat nou die polisieeenheid se woordvoerder is; en Vita-toekenning-wenner Tertius Meintjes as generaal Neels van As, wie se verhouding met Byl aan die verbeter is noudat Byl nie meer met Neels se eksvrou Nikcy uitgaan nie. 

Ander sluetelrolle word vertolk deur aKING voorman Laudo Liebenberg (Kanarie, Black Sails); SAFTA-wenner Deon Lotz (Skoonheid, Shepherds and Butchers); en Jessie Berning as Kaptein Lena Evans se jong seun (die rol van sy ma word vertolk deur sy werklike ma, Lika Berning). 

Daar is ook gas-akteurs in elke 70-minuut episode, in die vorm van mense soos 2018 Tempo-toekenning Akteur van die jaar-wenner Marlo Minnaar (Sara Se Geheim); Silwerskerm-wenners Cintaine Schutte (Die Seemeeu) en Albert Pretorius (Johnny Is Nie Dood Nie); en drie-maal ATKV Mediaveertjie vir Beste Aktrise-wenner Jana Kruger (Swartwater), asook SAFTA-wenners Denise Newman (Shirley Adams, Suidooster), Marius Weyers (Dis Ek, Anna), en Jody Abrahams (Hard Copy, Arendsvlei), tussen verskeie ander gesigte wat jy sal herken.  

  1. Dit is gemaak deur Marche Media, met Quentin Krog as een van die regisseurs

Hierdie spannende misdaadreeks word vervaardig deur Marche Media – staatmakers van die Afrikaanse film- en TV-bedryf – wat verantwoordelik is vir bekroonde rolprente soos Kanarie en  Johnny Is Nie Dood Nie; dokkies soos Nobody’s Died Laughing: A Journey With Pieter-Dirk Uys; en trefferreekse soos Die Spreeus, Dwaalster, en die veelbekroonde gunsteling Boer Soek ‘n Vrou

Quentin Krog (Die Boekklub, Vir Die Voëls, Ballade Vir ‘n Enkeling, Thys & Trix) behartig die regie van die eerste episode. Hy is een van drie regisseurs op die tweede seisoen, saam met Liezl Spies (Tempo-toekenning TV-reeks van die jaar vir Sara Se Geheim) en Leon Kruger, hoofskrywer van Seisoen 1 en 2 van Die Byl en terfferreekse soos Waterfront

LEES OOK: Nuwe Quentin Krog aksiekomedie eersdaags in rolprentteaters te sien

Al 14 episodes van Die Byl S2 is nou op Showmax te sien, met Engelse-onderskrifte.  Klik hier om te kyk. 

Kyk die lokprent: 

 

Meer oor Showmax

Showmax is ’n internet-TV-diens. Teen ’n enkele maandelikse fooi kry jy onbeperkte toegang tot ’n reuse aanlyn-katalogus van TV-programme, rolprente, kinderprogramme en dokumentêre. Begin kyk of stop ’n program net wanneer jy wil. Geen advertensies. Kanselleer enige tyd –  daar is geen kontrak nie.

Stroom Showmax met toepassings vir slim TV’s, tablette, slimfone, rekenaars, mediaspelers en speletjie-konsoles.  Showmax werk ook met Chromecast en AirPlay. Bestuur dataverbuik met die bandwydte-beheer-funksie. Geen internet? Geen probleem nie. Laai inhoud op slimfone en tablette af om later te kyk wanneer jy nie aanlyn is nie.  

Showmax is in 2015 gebore en is tans in meer as 70 lande beskikbaar. Vir ’n gratis proeflopie, besoek  www.showmax.com.