Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

‘Fiela’ tref met ’n miljoen!

FOTO: Fathom Media

Fiela se Kind het al meer as een miljoen rand by die loket verdien binne 5 dae van die film se vrystelling.

Fiela se Kind, ’n film deur Brett Michael Innes en rolprentverwerking van die topverkoperroman deur Dalene Matthee, is Vrydag, 13 September vrygestel in teaters landswyd. Die film is ’n aanbieding deurThe Film Factory en Nostalgia Productions in vennootskap met kykNET Films en die DTI, en word deur Filmfinity (Pty) Ltd versprei.

Meer as 16 000 mense het reeds die film sedert openingsnaweek gaan sien.

Brett Michael Innes (skrywer en regisseur) en span is verheug deur die terugvoering op die film: “Om ’n film te maak is ’n finansiële risiko, veral as jy ’n film buite komedie of aksie aanpak. Ons syfers is met suksesvolle Ellen Pakkies sin vergelyk. Dis sukses is grootendeels te danke aan die kykers in die Wes-Kaap – ‘’n gehoor wat keer op keer bewys dat hulle mal is oor Afrikaanse films en dit ondersteun deur ‘’n kaartjie te koop. As skeppers is ons dankbaar vir die liefde wat hul aan die Komoetie familie se reis op skerm gee.”

Die rolverdeling bestaan uit Zenobia Kloppers as ‘Fiela Komoetie’, Wayne Smith as ‘Benjamin SNR’, Luca Bornman as ‘Benjamin JNR’, Wayne van Rooyen as ‘Selling Komoetie’, Drikus Volschenk as ‘Elias van Rooyen’, Cindy Swanepoel as ‘Barta van Rooyen’, Chiara Roodt as ‘Nina JNR’, Melissa Willering as ‘Nina SNR’, Stefan Erasmus as ‘Tollie Komoetie SNR’, Andre Stoltz as ‘Lange’ en vele meer. 

Die roman is in 1985 uitgereik en vertel die verhaal van Fiela Komoetie, ’n hardwerkende bruin vrou wat in die verdorde Karoo woon en ’n verlore wit kind inneem en hom grootmaak as haar eie. Nege jaar later, word Benjamin uit haar sorg verwyder en word hy geforseer om in die Knysna Bos te gaan leef saam ’n gesin van houtkappers wat beweer hy behoort aan hulle. Afgesonder van die gereg en deur geografie, bring Fiela en Benjamin die volgende dekade deur om mekaar te probeer vind terwyl hulle ook hulle individuele identiteite aanvaar.