Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Hierdie drie flieks het meer as ’n miljoen by die loket opgeraap vanjaar

Dit was verseker ’n goeie jaar vir Afrikaanse flieks by die loket. Twee van dié flieks het ’n rekord gebreek.

Dit is duidelik dat die kwaliteit en standaard van flieks by die dag beter raak. Ster-Kinekor het onlangs hul loketsyfers bekend gemaak en híér is die top drie Afrikaanse flieks wat meer as ’n miljoen by die loket opgeraap het.

3. ’n Paw Paw vir my Darling

’n Pawpaw Vir My Darling is gebaseer op  Jeanne Goosen se roman. Die fliek is ’n greep uit die lewe van die Beeslaer-famile van Frik Du Preez Straat 24, Damnville, wat afspeel in 2003 en hul lief en leed gesien deur die oë van hul straatbrak, Tsjaka. Dié fliek het sowat R4.1 miljoen by die loket opgraap.

Kyk die lokprent hier:

2. Vir die Voëls

Vir die Voëls is geïnspireer deur die ware verhaal van Huisgenoot-leser Irma Humpel as jong bride-to-be in die laat sewentigs. Dié fliek, wat vervaardig is deur kykNET Films, het deel uitgemaak van Huisgenoot se eeufeesviering. Dié fliek is steeds by die bioskoop, en het reeds ’n allemintige R4.5 miljoen verdien.

Kyk die lokprent hier:

1. Vir Altyd

Tydens beste vriende Nina en Hugo se grootwordjare was daar nooit ’n tekort aan avonture nie, maar nou is daar net pynlike herinneringe van die verlede oor. Vir Altyd het in sy openingsnaweek meer as R4 727 479 verdien, en sowat R15.6 miljoen in totaal verdien.

Kyk die lokprent hier: