Jou Romeo: Ontmoet die karakters

Wanneer die begroting vir Romeo & Juliet gesny word vir opgraderings aan die krieketklubhuis maak die verpletterde dramasiele, Yvette en Tyler ’n plan om hul opvoering te red. Hierdie plan het egter onverwagse gevolge vir die nuwe held van die show, hartebreker Marko Marais.

Jou Romeo tref die silwerdoek 23 Desember 2016. Ontmoet die karakters.

Ruan Wessels – Marko Marais 

img_9156-1_0Marko is ’n held vir die meeste kinders in die skool. Meisies is mal oor hom en die seuns respekteer hom. Hy kan ’n regte casanova wees as hy wil en is ’n uitstekende krieketspeler, veral kolwer! Hy en sy beste vriend, Brink Bouwer, droom om vir die Proteas te speel, maar Marko se ma droom net daarvan dat haar seun matriekwiskunde sal slaag.

Alhoewel Marko baie arrogant is, het hy ook ’n mooi, liefdevolle kant en aanvaar hy mense soos hulle is, maar hy skroom nie om op te staan vir sy beginsels nie.

En laastens…HY HAAT LEGGINGS! Lees ons onderhoud met Ruan hier. 

Kyk die karaktervideo hier: 

 

Elani Dekker –  Yvette Verwey 

img_7472-1Yvette Verwey is ’n gedrewe en uitgesproke 18-jarige dame met ’n onblusbare passie vir die teater. Sy droom vanaf graad 8 daarvan om saam met haar beste vriend, Tyler le Roux, Romeo en Juliet op die planke te bring.

Wanneer die kuns-en kultuurbegroting gesny word vir opknappings aan die krieketklubhuis, moet Yvette en Tyler hul kragte saamspan om hul droom te laat bewaarheid. ’n Deel van hul “briljante” plan noodsaak Yvette om vir Marko Marais, die skool se krieketheld, beter te leer ken. Waarop sy egter nie gereken het nie, is dat Marko haar vooropgestelde idees gaan uitdaag – en skielik is Yvette se hart nie meer haar eie nie. Ons het ook onlangs met Elani gesels. Lees ons onderhoud hier .

Teaterkoningin Yvette Verwey is beeldskoon, yskoud en gebruik haar talent in toneelspel om te kry wat sy wil hê. Haar grootste droom is nog altyd om in matriek Juliet teenoor haar beste vriend Tyler se Romeo te speel. Yvette is vol verrassings, kan Zoeloe praat en het ’n donker geheim wat haar aanspoort om jocks te haat.

Kyk die karaktervideo hier:

 

Christopher van der Westhuizen – Tyler le Roux 

img_7712-1Tayler is ’n ordentlke drama geek! Maar soos dit met drama geeks gaan, is hulle maar die buitestaanders in ’n skool se sosiale rang. Hy staan egter nie alleen nie en saam met sy BFF, Yvette, stig hulle die skool se dramagroep, waar geeks hulle kreatiewe frustrasies kan uitleef in ’n veilige omgewing. Ons het Christopher onlangs van nader leer ken. Lees ons onderhoud hier.

Met min ondersteuning van enigiemand sukkel hulle voort met een groot doel: om Romeo en Juliet in hulle matriekjaar op te voer! Dit sal groot wees, dit sal grênd wees, en dit sal ONS Wees!

Dit maak dan ook seker logies sin dat ’n jock wat Tyler se safe haven bedreig nie met ope arms verwelkom sal word nie. En dit is juis die geval wanneer hulle sukkel om fondse te kry na die sportmal hoof besluit om hulle begroting weg te neem. Maar soos Shakespeare gesê het: It’s not in the stars to hold our destiny but in ourselves.

Kyk die karaktervideo hier:

 

Ruan Blum – Brink Bouwer 

img_8324-1_0Brink is ou met een doel – om professioneel krieket te speel vir die Proteas. Hy hou van girls, kuier, pêlle en krieket! Sy beste vriend is Marko Marias en hulle glo beslis dat hulle die beste krieketspelers in die land is.

Hy is ’n baie selfsugtige mens, en doen net wat hy wil – wanneer hy wil behalwe as dit by Marko kom. Marko is soos ’n broer vir hom en hy sal enige iets doen om hulle vriendskap te beskerm.

Brink Bouwer is die definisie van ’n hoërskool jock met ’n goeie kolfarm en baie geld. Daar is drie dinge wat vir hom saak maak: lopies, meisies en hope pret, wat gewoonlik in oorvloed is by Brink se house parties. Hy glo dat alles in die lewe maklik kom en dat drama-drips nie ’n bestaansreg behoort te hê nie.

Kyk die karaktervideo hier: 

 
 

Row-Lean – Mildred Groenewald 

img_7462-1Mildred Groenewald is die skool se sportmal, sosiale-media koningin en weet presies wat (en wie) sy wil hê. Marko Marais is Hoërskool Monument se ‘golden boy’ met dié dat hy almal se krieketheld is.

Mildred is sonder twyfel die skool se nommer een krieket ondersteuner en ook Marko se grootste aanhanger. Deur die loop van die jaar het sy bietjie probleme ondervind met haar Marko-projek omdat die drama-drips, Yvette spesifiek, hulle vuil vingers in haar slaai begin druk het. Maar soos die drama-drags sal uitvind, mors ’n mens nie sommer met #MildredG nie. #MerkeGereedMildred

Kyk die karaktervideo hier: