Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Jou Romeo se Elani Dekker gesels met ons

Die borrelende Elani Dekker vertolk die rol van Yvette Verwey in Jou Romeo. Ons het met haar gaan gesels oor haar karakter en dié fliek.

Hoe was die proses om Shakespeare se woorde te leer?

’n Lekker uitdaging! Ek dink die oomblik wat jy verstaan wat die woorde actually beteken is dit baie makliker om te onthou.

Watter toneel het vir jou uitgestaan?

Al die tonele wat langs en ín die swembad geskiet is, was ’n groot uitdaging – dit was bitter koud. Ek dink die feit dat ons deurgedruk en hulle gedoen het maak hulle spesiaal.


Waarom moet mense Jou Romeo gaan kyk?

Jou Romeo is ’n feel good movie waarby beide oud en jonk sal aanklank vind! Dit is definitief ’n ontspanne vakansie en familie fliek met ’n sterk storielyn en mooi boodskap.

Watter ooreenkomste het jy en jou karakter?

Ek en Yvette deel ’n liefde vir teater! Daarom was dit vir my baie maklik om sommige van haar uitdagings te verstaan. Alhoewel ons beide mal is oor enige vorm van kuns, is daar ook ’n hele paar verskille tussen ons: Yvette is in ’n publieke skool – ek het getuisskoo, Yvette kan Zulu vlot praat – ek nog nie!, Yvette is baie goed in wiskunde, ek nie!

Koffie of tee?


Koffie

Sneakers of plakkies?


Vellies

Romeo of Juliet?


Romeo

Gunsteling emoji?

8a85dcc7b0bf95dbdf61c4117a7930b9