Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Nommer 37, Stroomop, Kanarie en meer op Showmax

Afrikaans kraai behoorlik koning op Showmax. Vanaf Junie tot Oktober vanjaar is daar elke maand ’n splinternuwe Afrikaanse rolprent op Showmax te sien.

Hier’s wat wag:

Nommer 37
KLIK HIER EN KYK NOU

Nommer 37, wat afspeel in ’n fiktiewe woonstelblok genaamd Haven Mansions in Dumisa se weergawe van ’n buurt op die Kaapse Vlaktes, bied ’n kykie deur die oë van ’n verbitterde eks-krimineel wat deur die wêreld waarvan hy eens so deel was opgekou en uitgespoeg is. Die storie, wat hoofsaaklik vanuit Randal se woonstel vertel word totdat die speurder opdaag, is slim saamgestel om die bouende spanning en gevoel van disfunksie in die fliek enduit te handhaaf. Nommer 37 is ’n spanningsbelaaide grootskerm-ervaring, wat kykers op die punte van hulle stoele sal hou tot en met die laaste toneel.

MET: Irshaad Ally, Pam Ismael, Ephraim Gordon, Sandi Schultz, Danny Ross, David Manuel, Elton Landrew, Deon Lotz, Amrain Ismail-Essop, Abdul Aziz Schroeder
REGISSEUR: Nosipho Dumisa

Kanarie
Eerste op Showmax vanaf 1 Augustus 2019

Kanarie is ’n musikale oorlogsdrama, wat afspeel in Suid-Afrika in 1985 en die storie van ’n jong seun vertel wat in ’n tyd van onderdrukking geforseer word om sy identiteit te vind.

MET: Schalk Bezuidenhout, Hannes Otto, Germandt Geldenhuys, Gerard Rudolf, Jacques Bessenger, Ludwig Binge, Francois Jacobs, De Klerk Oelofse, David Viviers, Anrico Goosen
REGISSEUR: Christiaan Olwagen

Stroomop
Vanaf 12 Augustus 2019

In Stroomop  ontmoet ons vyf dames wat almal besig is om stroomop te swem in hulle afsonderlike lewens. Verskillende situasies en gebeure lei elkeen van hulle om op dieselfde rivier-avontuur te gaan. Tydens die avontuur word die boot waarin die dames vaart omgegooi en die gids raak verlore. Die dames word gedwing om op hulle eie in die water en wildernis te oorleef, onwetende dat hulle onderskeie realiteite en lewenservaringe hulle reeds bevoeg maak vir dié uitdaging. In die oorlewingsproses vind hulle vriendskap en ook hulle eie innerlike krag en binnestemme soos hulle een golf na die ander moet aandurf. Soos hulle die fisieke uitdagings oorwin, oorkom hulle ook ander swakhede en groei hulle in karakter en selfvertroue wat lei tot genesing in hulle unieke lewens.

MET: Donnalee Roberts, Ilse Klink, Carla Claasens, Simoné Nortmann, Chanelle de Jager, Armand Aucamp, Bennie Fourie
REGISSEUR: Ivan Botha

Ellen, Die Ellen Pakkie storie
Saam met M-Net, 24 Augustus 2019

Ellen, Die Ellen Pakkies storie is die ontstellende verhaal van ’n vrou wat deur die strafproses geplaas word, teregstaan op ’n moordaanklag en gedryf is deur ’n onwrikbare liefde vir haar seun. Dit delf in die innerlike psige van ’n familie wat deur dwelms vernietig word, in een van die gevaarlikste gemeenskappe in Suid-Afrika. ’n Plaag, met gevolge wat verder strek as die Kaapse Vlaktes en wat die staat se onvermoë, om die armstes van die armes te beskerm, beklemtoon.

MET: Jill Levenberg, Jarrid Geduld, Elton Landrew, Kay Smith, Clint Brink, Elton Landrew
REGISSEUR: Daryne Joshua

Dominee Tienie
Vanaf 14 Oktober 2019 

Na sestien jaar as predikant van die Moedergemeente word Tienie Benade gekonfronteer met ’n geweldige daling in bywoning en ’n moderne gemeenskap wat by die dag verander.  Is daar nog ’n plek in hierdie wêreld vir predikante of die kerk? Hy probeer sy bes om aan te pas en sin te maak van die veranderinge, maar in die proses vervreem hy sy vrou en kinders. Na ’n insident met ’n sterwende boemelaar bevind Tienie homself by ’n kruispad. Sal hy sy selfvertroue en die liefde van sy gesin kan terug wen en sal hy dapper genoeg wees om sy gemeente in ’n nuwe era in te lei? Gebaseer op die toneelstuk deur Dana Snyman.

MET: Frank Opperman, Henriëtta Gryffenberg, Thapelo Mokoena, Regardt van den Bergh, Paul Eilers, Carel Nel, Annette Engelbrecht, Gerrit Schoonhoven, Izel Bezuidenhout, Luan Jacobs, Laré Birk, Rikus de Beer
REGISSEUR: Sallas de Jager

Kry al die vermaak op jou gunstelingtoestel by Showmax: teken nou in of maak gebruik van die gratis proeflopie. Showmax is nou ook gratis beskikbaar as deel van jou DStv-Premium-pakket!