Oliver Hermanus oor Moffie: ‘Dis ’n haat woord’

FOTO: Daniel Rutland Manners

Oliver Hermanus se jongste speelfilm, Moffie, begin 13 Maart 2020 in rolprentteaters draai. Ons het met dié regisseur gaan gesels oor die rolprent en meer.

Wat beteken ‘Moffie’ vir jou?
Dit is ’n wapen. Dit beteken jy is minder as, ongewens en verkeerd. Jy moet verander, jy behoort jouself te skaam. Dit is ’n haat woord.

Waarom het jy besluit om die boek deur André Carl van der Merwe op film vas te vang?
Daar was iets oor die sentrale tema in die boek, wat ons gedink het was belangrik genoeg om só ’n kragtige film te maak. Dit was ’n geleentheid om te praat oor die trauma van ’n generasie van jong wit mans, onder Apartheid, gedwing in ’n denkwyse van haat en vrees.

Vertel ons meer van die uitdagings as regisseur op dié film.
Dit was ’n groot uitdaging vir my. Om ’n periode film te maak is altyd ’n groot uitdaging en ons moes baie hard werk om die tyd en plek weer terug te bring en lewe te gee. Nietemin, dit was absoluut heerlik, aangesien ek my eerste oorlog-drama kon maak. Ek is ’n groot aanhanger van films wat handel oor die sielkunde van die oorlog.

Jy pak ’n baie kontroversiële kwessie aan. Watter reaksie hoop jy sal die kyker ervaar?
Die intensie van enige film moet wees om ’n vraag te vra, om die gehoor te vra om iets te oorweeg –’n nuwe uitkyk, ’n nuwe persepsie. Hierdie film vra Suid Afrikaners om in die trauma van die jong mans wat grens toe gestuur is, in te tree en te verstaan en waardeer wat daardie mans deurgegaan het.

Met watter denkwyse wil jy hê moet kykers in die fliekteater instap?
Ons het geen vooropgestelde idees nie. Jy hoop altyd dat die gehoor oop is om hulle ongeloof op te skort.

Vertel ons so ’n bietjie meer van die keuse van rolverdeling.
Die rolverdeling vir die film was ’n uitdaging, maar ook baie lonend om nuwe talent te ontdek. Ons talent kom van regoor die land. Ons het ’n paar baie jong akteurs gevind, sommige nog in die hoërskool, wat van die beste werk gelewer het, wat ek in my lewe gesien het. Om die regte akteur vir die regte rol te kies het baie groep repitisies verlang totdat ons gevoel het dat elkeen die regte rol gekry het. Ons hoofrol, Kai Luke Brummer, het oudisies vir 3 verskillende rolle afgelê, voordat hy die rol van Nicholas gekry het.

Moffie begin 13 Maart 2020 in uitgesoekte rolprentteaters draai.