‘Ons moes twee uur die oggend swem’ verklap Jou Romeo se Ruan Wessels

Ruan Wessels vertolk die rol van Marko Marais in die nuwe Afrikaanse fliek, Jou Romeo. Marko is die krieketheld en hartebreker van die skool. Ons het Ruan van nader leer ken.

Hoe was die proses om Shakespeare se woorde te leer?

My katakter het nie vreeskik baie Shakespeare lyne gehad nie, so dit was nie so moeilik soos dit vir die ander twee was nie.


Watter toneel het vir jou uitgestaan?

Die toneel wat die meeste uitstaan is definitief die swem toneel, want dit was verskriklik koud gewees daardie aand en ons moes soos twee uur die oggend geswem het.

Waarom moet mense Jou Romeo gaan kyk?

Mense moet Jou Romeo gaan kyk want dis oulik en snaaks en die hele gesin kan dit geniet. Daar is nog nie ’n fliek soos dit in ons land gemaak nie. Dit betrek sosiale media en sport effekte wat jonger mense baie gaan geniet. En die fliek is ’n goeie voorbeeld van hoe om jou jouself te wees.

Watter ooreenkomste het jy en jou karakter?

Ek het op ’n tyd ook ’n groot liefde vir krieket gehad so dit was maklik om daardie konneksie te maak met Marko. Marko haat wiskunde en ek doen ook!


Koffie of tee?

Tee


Sneakers of plakkies:

Skoene


Romeo of Juliet:

Juliet


Gunsteling emoji:

248442e2567191b6a25bb58a7b6e3e15