Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Sien ‘Susters’ nou vroeër op die silwerdoek

Teen hierdie tyd loop die opwinding hoog rondom die nuwe Afrikaanse rolprent, Susters, wat binnekort uitgereik word. En alhoewel baie redeneer die beloning is soveel groter as die wag eers verby is, kan Suid-Afrikaanse rolprentgangers nou darem ’n dag vroeër aan hul springmielies begin weglê.

LEES OOK: Kaapse première van ‘Susters’ ten bate van Hanna Charity

Die rede? Want die uitreikdatum is met ’n dag vervroeg na 29 Maart.

Die sterk rolverdeling sluit Leah, Quanita Adams en Diaan Lawrenson in die hoofrolle in. Die verhaal gaan oor drie aangenome susters wat van mekaar vervreemd geraak het en hoe hulle op ’n ontdekkingsreis gaan met die afsterwe van hul moeder. Dis ’n reis gevul met tere herinneringe, interessante karakters, ongelooflike mooi plekke en dit wat die skoner geslag baie goed mee is – hoe om sakke vol pret te hê.

KYK: Susters – Die karakters

Boonop is dit onlangs bekendgemaak dat die sanger Jo Black ook sy opwagting as homself in die rolprent gaan maak.

Met die premiere wat onlangs in Pretoria gehou is, was almal dit eens: Susters beloof om een van daardie goedvoel rolprente te wees, en boonop in Afrikaans, wat mense vir lank aan die praat gaan hê.

Kyk die lokprent hier: