Oops! It appears that you have disabled your Javascript. In order for you to see this page as it is meant to appear, we ask that you please re-enable your Javascript!

Twee legendes binnekort saam op die silwerdoek

Die nuwe Afrikaanse fliek, Snaaks Genoeg, ’n vermaaklike, tog aangrypende donker komedie, met twee van ons land se voorste komediante  – vermaaklikheidster, Casper de Vries en een van Suid-Afrika se ikoniese akteurs, Tobi Cronjé tref die silwerdoek eersdaags. Dié fliek plaas die kollig op die lengtes waartoe ’n prokureur in staat is om sy naam in ere te hou.

Snaaks Genoeg, ’n oorspronklike stuk geskryf en vervaardig deur David Moore, volg ’n komediant (Casper de Vries), wat van een dorp na ’n ander reis. Die skrywer en regisseur van dié fliek, David Moore, sê dat die fliek baie eksentriek is en dat dit ’n mal tog prettige aanslag het. “Die fliek is reeds goed ontvang deur die wat dit gesien het, en ons sien uit om die publiek se kommentaar te hoor.”

grab-1-08-40-10As gevolg van kru kommentaar en aantootlike humor, neem Casper se gewildheid af. Hy val weer in die pad om nie net vir oorlewing te baklei, maar ook om die vonk te vind wat van hom destyds ’n gunsteling gemaak het. Soos hy van dorp na dorp reis, hoor hy dat suksesvolle komediante ontvoer word, gemartel word en vermoor word op onkonvensionele wyses.

Die moorde en ontvoerings word egter haar fyn beplan deur die prokureur, Koos van der Mewe (Tobi Cronjé), wat misdaadigers se klagtes laat vaar, in ruil om komediante “uit te sorteer” wat sy naam deur die modder sleep.

grab-1-08-08-10Casper het so paar onverwagse ervarings langs die pad, sommiges moeiliker as ander, en almal laat hom twee keer na homself kyk om sy aanslag te verbeter. Uiteindelik kom Casper en Tobi kop-aan-kop in ’n ietwat onverwagse finaal. Die fliek is geskiet in Tankwa Karoo, een van Suid-Afrika se mees dorre en evokatiewe streke.

Die fliek spog met ’n wêreldklas rolverdeling en Barry Hilton, Sandra Prinsloo, Sharleen Surti Richards en Soli Philander is ook te sien in die fliek.

grab-0-44-37-22Snaaks Genoeg tref die silwerdoek op 30 Desember 2016 en word versprei deur Indigenous Film Distribution.