Vyf minute met Jou Romeo se Christopher van der Westhuizen

Christopher van der Westhuizen vertolk die rol van Tyler le Roux in die nuwe Afrikaanse fliek, Jou Romeo. Ons het hom so paar vrae vir hom gevra.

Hoe was die proses om Shakespeare se woorde te leer?

Die woorde is pragtig, gewoonlik dink ons as mens Shakespeare gaan leer sal dit eeue vat, maar sodra jy dit ontleed, en sien wat hy eintlik sê word dit makliker om te doen. Wanneer gedagtes in plek is kom woorde van tweede natuur, en natuurlik is dit ook soos enige ander teks wat jy leer, repitisie, repitisie, repitisie.

Watter toneel het vir jou uitgestaan?

Tydens verfilming het die lang gang toneel vir my die meeste uitgestaan. Ons het met ’n steadycam kamera gewerk en een aaneenlopende toneel gedoen. Dit was lang skote en baie om te onthou, maar dit was verskriklik lekker gewees om te skiet. Dit is ook vir my ’n lekker toneel gewees om te kyk, want dit draai die kyker se verwagting totaal en al. André (ons regisseur) het dit baie goed beplan en geskiet.

Waarom moet mense Jou Romeo gaan kyk?

“Romcom.” Almal het hulle eie cliché gedagtes oor die einste genre, hierdie een is anders. Sodra ons iets verwag draai die storie anderkant toe. Dit is modern en relevant. Met tienertaal, tienertradisies, tienerkonvensies en kreatiewe tegniese aanwending is die “romcom” baie anders as meeste mense se voorafgaande idees.

Watter ooreenkomste het jy en jou karakter?

Vir my was een van die ooreenkomste wat die meeste uitgestaan het die dat ons vriende vir ons elk soos familie is, vat aan hul en jy vat aan ons. Soos Tyler opstaan vir sy vriende staan ek op vir myne. Verder is die drama-kultuur in ons altwee gekweek. Dit is iets wat ek al lank doen en in skool was ek gelukkig genoeg om baie betrokke te wees in die drama afdeling.

Koffie of Tee?

Koffie


Sneakers of plakkies?

Plakkies


Romeo of Juliet?

Mercutio


Gunsteling emoji?

7df7e58cc371ef7949f491c9aa4dde25